Bok: Ek staan hier alleen langs jou graf. En ek wens so graag jy was nog hier. Dat ons net kon praat, en ons trots laat vaar. En ek net jou pa kon wees.
Steve: Net die beste wil ek vir jou hê. Maar daai woorde was nooit net gesê. En hier waar jy lê my seun weet ek die tyd was te min. Om oor te begin.
Albei: Sê my, hoe sê 'n pa vir sy seun? In jou het ek lewe gevind. Ek het jou lief, jy's my kind, jy's my kind.
Sê my, hoe word 'n pa so alleen? Dit voel soos my enigste seun. Die Here het jou my geleen.
Bok: Jou woorde draai steeds in my, kop. Daar is soveel wat ek pa nog wou vra, Maar eendag moes jy, ook 'n pa word my kind. En dan sou jy alles verstaan.
Steve: Soos 'n pa wat sy lewe sou gee. Met sy trane die see weg sou vee. Maar hier waar jy lê my seun weet ek die tyd was te min. En niks maak meer sin.
Albei: Sê my, hoe sê 'n pa vir sy seun? In Jou het ek lewe gevind. Ek het jou lief, jy's my kind, jy's my kind.
Sê my, hoe word 'n pa so alleen? Dit voel soos my enigste seun. Steve: Die Here het jou my geleen.
Bok: Toe in die nag het Hy jou kom haal. En in my smart besef ek te laat.
Steve: Jy't my altyd gedra, maar ek bly nog jou pa.
Bok: Sê my, hoe sê 'n pa vir sy seun? In jou het ek lewe gevind.
Steve: Ek het jou lief, jy's my kind, jy's my kind.
Albei: Sê my, hoe word 'n pa so alleen? Dit voel soos my enigste seun. Die Here het jou my geleen.