As jy slaap en die verdriete en selfs ons bitter liefde agterlaat, is jy maar weer 'n argelose kind met drome wind'rig oor jou mooi gelaat.
Ag, as die teer nag in jou arms lê, en sterlig oor jou bors en hare skyn, is jy maar weer 'n seuntjie weggedwaal van huis en ouers en hul soete samesyn.
Ag, in jou slaap wil ek jou neem en aan my bors hou tot die more wyd oor al die heuwels breek - wil ek jou neem en terugbring van jou eensaamheid.