Kinders, moenie in die water mors nie, die ou mense wil dit drink, o kinders, moenie in die water mors nie, die ou mense wil dit drink. Dit kom van ver af, dit kom van ver af, dit kom van ver af, van Piet le Roux se plaas.
[REFREIN] Staan, Poppie, staan en laat jou gedagte gaan dat jy vir my kan sê hoe ver die liefde lê. Dit kom van ver af, dit kom van ver af, dit kom van ver af, van Piet le Roux se plaas.
Nooientjie, moenie alte gou sê ja nie; met \"Ja\" is jy weggegee, o nooientjie, dan is dit nie hy wat vra nie, maar jy; en dan sê hy: \"Nee\" Dit kom van ver af, dit kom van ver af, dit kom van ver af, van Piet le Roux se plaas.
[REFREIN] Staan, Poppie, staan en laat jou gedagte gaan dat jy vir my kan sê hoe ver die liefde lê. Dit kom van ver af, dit kom van ver af, dit kom van ver af, van Piet le Roux se plaas.