Ek het ‘n vriendin ver by die blou see Teen die hang van Tafelberg, as die son sak, speel sy die mooiste melodiëe Haar vingers ken die pad opgesluit in wit en swart Die klavier se grootste vreugde, hartseer en verlange, verstaan die hart se diepste smart
Koortjie: (x2) Ja, die hele wêreld word stil, en luister in die donker uur Na die naggeluide van Lisa se Klavier
En Lisa kannie ophou as sy eers begin het nie, En sy laat my nooit huistoe loop of afskeid neem voor my laaste sigaret nie Ek staan op haar balkon, ek drink haar appelkoostee Kyk uit na Kaapstad in die nag, die liggies, en die swart, swart see
Koortjie (x2)
En onder op die sypaadjie, sien ek die bergie en sy maat Staan op en opkyk ver na bo, vannuit die vullis van Oranjestraat Hul ken al lank die klanke wat uit haar woonstel stroom Lank na twaalf, met die deure oop, al moan die bure ookal hoe, Word Lisa elke boemelaar se droom