As ek net meer kan droom van die wind in die takke van die ou wilgerboom op die plaas Ek sal alles verruil om weer Sondag na kerk Saam met Rennie te huil vir oulaas
Koor: Ek wens ek sien weer vir die eerste keer die Suiderkruis Ek wens my oupa kan weer Halley se komeet uitwys Soos 'n kindjie na 'n kinder bybel prentjie kyk Wil ek vir oulaas weer die stofreen op die grondpad ruik Kan Pinocchio asseblief nou uit daai walvis klim As Heidie se oupa net sy snor wil trim Ek wens ek kan Neels Holgerson laat beter voel Ek wens die reen wil die grondpad op die plaas verspoel
Mamma kook vir ons bokmelk vanaand Smelt vir ons kaas in die pan Vertel vir my weer hoe kry Heidie so seer En waar kom Tau Tau vandaan
As ek net weer kan glo Soos 'n kind kan vertrou daar is engele daarbo wat ons bles As ek net weer kan kyk hoe die vlei begin loop En hoe jou mielies weer mooi lyk John West
Koor:
Is Rennie se apie dan dood Of speel hy nogsteeds toneel Is Nonna al terug as dit reen in die lug Of het ek myself weer verbeel