Sy woonstel was versier met bloedrooi rose Die geur van peppermint, roosmaryn en appelkose ‘n tafel met 2 stoeltjies mooi versier Sjampanje en kerse, ‘n vioolspeler gehuur Ligte gedim met sagte agtergrond musiek Popcorn en komberse vir die laataand aksie fliek Skink sjampanje, vra ordentlik “het jy lekker geeët” Met die klap van sy hand is die vioolspeler gereed Hy trek vir oulaas weer sy vingers deur sy overcomb Met die viool se hoogste noot sing hy die mooiste, mooiste poem
“Stacey jys ‘n plaasmeisie ek sing vir jou ‘n song op ‘n bekende song se wysie Los vir jou blomme met ‘n briefie op die voorstoep van jou huisie Ek vra nie om te trou, of verloofraak of die kys nie Maar Stacey wees tog net my meisie”
Stacey: “Ai dis so mooi, maar jy weet ek is verlief op Thysie”
Chorus: Wat het hy wat ek nie het nie Sy Ford is niks teen my Opel Cadet nie Hyt nie mags nie of ‘n turbo of ‘n freeflow exhaust nie Neon ligte of ‘n alliminium drukvlerk soos ‘n Porche nie Ek het furr op my dashboard my suspension is gedrop Hy’t nie lowprofile wiele nie hy vat jou vir ‘n pop Hy sê hy kom jou wys dan verdwyn hy soos Bin Ladin Hou op druk daai viool in jou anaal in.
Dis 4uur Vrydag middag by Bronkhorspruit dam Stacey maak toebroodjies met mayonnaise en ham Thysie roei die bootjie om die nicte spot te kry Hy s die sunset lyk so mooi as mens baie ver uitry ‘n vis swem vinnig by die boot verby En Stacey sê sys bang Thysie trek sy hemp uit en duik in om hom te vang Hy klim terug in die boot en sê daars niks om oor te panic Hy vou sy arms om haar soos Leonardo in Titanic Hy check gou weer die sunset uit En kyk dan wat is die tyd Hy haal sy klein mondfluitjie uit En begin vir haar ‘n tune te fluit
Thysie: “Stacey daar is iets wat ek jou móét sê”
Chorus: My kar het nie low profile wiele nie En ek swot ook nie by Tukkies siviele nie My pa besit nie ‘n casino nie En hy was ook nie die haai in “Finding Nemo” nie Ek ry ‘n ou geroeste bakkie As hy start is ek lucky En ek ken ook nie vir Dozi of vir Theuns of vir Bok En Nadine was nie my girl nie ek het daaroor ook gejok Maar Stacey asseblief sê my voor die son sak Sal jy dalk my meisie wees of praat ek te veel twak