Jy lyk so mooi soos die eenvoud van die nag die trane van jou lag vertel my jy's bereid om seer te kry, jou hart op die spel te plaas, te dobbel met jou emosies dis alles 'n leun,
Kompliment op kompliment en jy glo alles want dis wat jy wil hoor my nou mooi, dis alles 'n leuen is jy gereed vir die waarheid?
Dit mag jou dalk net seermaak, gee jy om? Dit mag jou dalk net vrymaak, gee jy om? Dit mag jou dalk net heelmaak, gee jy om? Gee jy om....gee jy om?
Verwoesting strek oor 'n paar lewens alreeds die wonde is al rou gekrap aan oplossings, maniere om te oorleef, tydelike verdowing dis alles 'n leuen, is jy gereed vir die waarheid