Гуру Песен Популярное
А Б В Г Д Е Ж З И К Л М Н О П Р С Т У Ф Х Ц Ч Ш Э Ю Я
# A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

The Parlotones - Lisa se klavier | Текст песни

Ek het 'n vriendin
Ver by die blou see
Teen die hang van Tafelberg as die son sak
Speel sy die mooiste melodieë
Haar vingers ken die pad
Opgesluit in wit en swart
Die klavier se grootste vreugde, hartseer en verlange
Verstaan die hart se diepste smart

En die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Vir die naggeluide
Van Lisa se Klavier

Lisa kan nooit ophou
As sy eers begin het nie
En sy laat my nooit huis toe loop of afskeid neem
Voor my laaste sigaret nie
Ek staan op haar balkon
Ek drink haar appelkoostee
Kyk uit na Kaapstad in die nag
Die liggies en die swart, swart see

En die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Vir die naggeluide
Van Lisa se Klavier (x2)

En onder op die sypaadjie
Sien ek die bergie en sy maat
Wat staan en opkyk ver na bo
Vanuit die vullis van Oranjestraat
Hul ken al lank die klanke
Wat uit haar woonstel stroom
Lank na twaalf, met die vensters oop, al moan die bure ookal hoe
Word Lisa elke boemelaar se droom

En die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Vir die naggeluide
Van Lisa se Klavier

En die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Vir die naggeluide
Van Lisa se Klavier

Ja, die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Vir die naggeluide
Van Lisa se Klavier

The Parlotones еще тексты


Видео
Нет видео
-
Оценка текста
Статистика страницы на pesni.guru ▼
Просмотров сегодня: 1