as die sirenes vir jou loei en die flitse kom jou uithaal dis die waarheid wat jou laat bloei jy staan in die ry en jy's kaal en al droom jy jy's iemand anders 'n buitestaander weet jy dis te laat die donker kom jou haal
is genade net 'n droom 'n blindelingse straal wat skyn in die tonnels van die doolhof en dis stroom-op en die duiwel staan en lag op die wal en jy kan nie meer kies nie want dis sulke tyd en die illusie van onskuld en vreiheid maak jou maal besef jy dis te laat die donker kom jou haal